Die Verhaal van Ou Vuilbaard en die Gekonfokuleerde Spook

in #godsdiens5 years ago

CARaut IMG_20200401_234327_GOMSaver.jpg

'n Aanlyn vriend van my het die slag bemeester om met logika 'n paar moeilike vrae aan geloofsgefoktes te stel. Carel Rautenbach, of Callie soos baie hom ken, se Facebook plasings het menige geloofsgefokte boerbaar se plat koppie al laat uithaak. Ek het al die grimmigste kommentaar onder sy plasings gelees deur kindjie-klein boerbare, maar sekerlik het Carel al 'n paar van hulle tweemaal laat dink oor die snertfabels wat hulle sedert kindsbeen sonder dink opgevreet het vir soetkoek.

Carel illustreer alte netjies hoe die internet daardie breinsiekte geloof begin uitwis. Kyk enige land se statistiek (begin sommer by Wikipedia), ateïsme groei fenomenaal in elke iedere land die wêreld oor die laaste tien jaar vandat slimfone algemeen geword het. Mense begin vrae vra, en hulle eis regte antwoorde wat op regte feite berus.

Danksy die internet en die kritiese vrae en ontleding van elke onderwerp onder die pratende brandende bos deur ateïste word geloofsdwepers gedwing om te dink. Dis net 'n kwessie van tyd voordat geloofsgefoktes en masse begin agterkom hoe hulle 'n bedrogspul aan die gang gehou het. En dis ook nie asof Bybelbladsye goed werk selfs as toiletpapier nie. Moenie vra hoe ek weet nie.

As zombies op die internet vol kennis - die boom van kennis wat vermy moet word, volgens die Bybel, maar geen skinderlustige Christen gehoorsaam die Bybel werklik nie - wil uithang moet hulle maar weet hulle gaan die goete lees wat Dominee so sorgvuldig vir jare vermy het, daardie weersprekende bokwagtersprokies wat ou Vuilbaard ontbloot as 'n fiktiewe psigopatiese skurk in 'n patetiese boek.

Regtig, gaan lees die Bybel. Die duiwel - hy is ook fiktief, hy bestaan ook nie, hy is net 'n boekkarakter soos God - is eintlik die goeie ou in die Bybel, dis nie hy wat babas keelaf sny of sê dat ouers maar hul kinders mag opvreet of as seksslawe mag smous nie. Nee, dis ou vuil Gotta Patatta wat sulke goed beveel. Of meer spesifiek, die Cosa Nostra in Italië se voorganger wat die Bybel opgestel het om maklike geld uit swape af te pers. Lekker siel wat jy daar het, sal jammer wees as iets daarmee moet gebeur. Klink die strategie bekend?

Kritiese denke is blindelingse geloof se ondergang, en die aandrang op die toepassing van logika om tussen feit en fiksie te onderskei is juis die internet se forté. Dis geen goeie nuus vir gewettigde bedrieërs (lees: predikers) dat hul skaaptroppe so tussen 'n hoop kennis deur strompel op soek na Fiona Viotti se video nie.

Skelms en skurke en bedrieërs soos pastore en dominees lê nagte wakker oor watter liegstories om op te dis om die bluf van 'n god-ding se bestaan vol te hou en die ateïstiese internet se uitwys van teenstrydighede mee te weerlê. Dominees se liegstories word uitgedaag deur mense wat gatvol is om voor gelieg te word, en dit moet uitputtend wees vir skelms om heeldag nuwe liegstories uit te dink teenoor ontgogelde geloofsgefoktes om vorige liegstories te regverdig.

Byvoorbeeld, as Christene se onsigbare maatjie so regverdig is, hoe is dit regverdig van die wolktosser om 42 stout kinders te laat verskeur deur twee bere? Regverdig se gat, sê ek jou. Die Romein wat daardie kakstorie as sy bydrae tot die Bybel opgedis het om vrees vir eeue daarna in breinbeseerdes se koppe in te boesem was beslis 'n sadistiese vark.

Ons infidelle eis van geen breinsieke om iets spesifieks te glo nie, ons eis slegs dat daar gedink word, en dat wat as waarheid voorgehou word op bewese feite moet berus. Is dit werklik te veel gevra?