Mike

in #poetry8 years ago

My moed sak in my skoene
met die oopmaak van die voordeur
Mike het my woordeboek geskeur!

“Ek gaan jou velle aftrek”
Jy’s die stoutste hond op aarde
vanaand is daar geen genade nie.

Maar sy ogies pleit so mooi
“Ek’s vreeslik jammer Ma
ek was tog so verveeld Pa”

“Wat van die tioletpapier Mike?”
“Ek het maar net gespeel,
en die ander honde het ook deel”

“Ag damit Mike! My skoen”
“Maar ek het dan geen been
ek het hom maar net geleen”

Jou ogies vra so mooi
en maak my hart weer sag
pakslae is taboe vandag

Maar dit mag nie weer gebeur nie
Mooipraat is dan verby
en jou pakslae sal jy kry.

My moed sak in my skoene
met die oopmaak van die voordeur
Mike het my Rooi Rose geskeur!